Jy’s deel van die klub wat groot spaar!

 

Ek is ongelooflik opgewonde om met jou oor JayClub te gesels! Ek – en ek’s seker jy ook – wag al lank vir so ‘n platform waar ons vir jou as lojale aanhanger spesiale aanbiedinge kan bied én jou geld kan spaar. Jy kan eksklusiewe produkte bestel wat nie eens by “live shows verkoop word nie; en hoe klink die moontlikheid van ‘n privaat vertoning vir jou en 50 vriende? Daar is ook gereeld groot pryse op die spel vir almal wat geregistreerde lede is - dink aan onder meer vakansies, groot bedrae kontant, ’n lekker gholftoer of ’n pa en seun jagtog…

 

Hoe sterker die groep word, hoe meer voordele en besparings sal daar vir die lede wees! Laat een en almal by JayClub aansluit! Moedig hulle aan om by http://www.jay.club/Jay-Zone te registreer. Ons wil graag hê dat almal se sakke die besparing moet vóél.

 

Van saamwerk gepraat; ons is baie trots om saam met MiWay aan hierdie JayClub projek te werk. MiWay voel net so sterk oor die bou van verhoudings en die bevordering van Afrikaanse musiek soos ek. Hulle glo in versekering saamvoeg – en gevolglike besparings vir jou. Het jy geweet dat wanneer jy en jou geliefde julle motors saam verseker, julle groot op julle versekering kan spaar? As jy net een motor het, kan jy jou huisinhoud byvoeg en ook so op jou premie spaar!

 

“Bewaar jou taal, bewaar jou musiek.”

 

JayClub groete,

Jay Du Plessis

 

MiWay R1000 uitdaging!
As MiWay nie jou huidige versekeringspremie kan klop nie, sal hulle jou ’n R1000 betaal!

(Die terme en voorwaardes van hierdie promosie word by https://www.miway.co.za/jayclub-challenge  uiteengesit.)

 

 

 

 

 

Copyright 2018 by Jay.club