WAT IS JAYCLUB 

In 2016 vier ek my 20ste jaar in hierdie interessante en ongelooflike musiekbedryf. Ek het oor die jare tussen Teater werk, Eden, my duet projek saam met Lianie May, 'n fluitige verskyning op die silwerdoek en my solo loopbaan soveel beeldskone dorpies en stede van ons mooi land gesien en meer as dit, soveel ongelooflike mense ontmoet. Die mense wat my steeds tot die dag dra. Die mense wat sorg dat daar kos op my tafel is en dat my kinders die opvoeding kry wat hulle verdien. Die mense wat my laat tuis voel waarookal ek mag wees en vir my n huis gee wanneer ek verlang na my eie.

Ek wil vir julle uit my hart uit almal dankie sê!. Ek wil look vir julle 'n platform skep waar julle kan geld spaar op die daaglikse dinge wat ons almal moet hê en wat so peperduur geword het en nogsteeds styg hoe swakker die Rand word. Ek wil hier graag vir julle geleenthede bied om julle ekonomiese las elke maand ligter te maak. Dit is die basis van JayClub! Lees gerus MiWay se R1000 Challenge..

Bo op dit wil ek dit vir julle lekker maak met groot pryse wat gewen kan word deur almal wat geregistreerde lede is. Wie wil op vakansie gaan? Wie wil groot bedrae kontant wen? Wie wil op n golftoer gaan of n lekker Pa en Seun jagtrip? Wie sou graag n privaat vertoning wil wen vir jou en 50 vriende? Hoe sterker die Club word hoe meer voordele sal daar vir die lede wees en ek glo dit is die manier hoe ek kan terug gee aan julle, dit wat ek al so lank reeds ontvang. Kyk gerus onder Kompetisies na die GROOT pryse wat jy binnekort kan wen.

JayClub is vrygestel vroeg in 2016 en ons onderhandel steeds met die groot name in verskeie dele van die privaat sektor om vir jou as lid afslag te beding in veral die broodnodige aankope per maand. Dit bly ons hoof doel om jou ekonomiese las ligter te maak op n maandelikste basis.

JayClub is ook tans besig met verskeie skole projekte waar ondermeer rekenaar kamers en Fondsinsamelings bo aan die lys pronk. Hou ons Gallery dop vir meer oor hierdie projekte.

Dankie vir jou lidmaatskap en jou getroue ondersteuning. Ons motto bly staan.

Bewaar jou taal! Bewaar jou musiek!

Gaan registreer nou op die Club!   https://www.jay.club/Jay-Zone/Registreer


Jay du Plessis

MiWay Insurance

JayClub en MiWay Versekering teken vennootskap

.







  

Copyright 2018 by Jay.club